Elf skole van die WP se noordelike voorstede sal sake Woensdag uitspook in die jaarlikse ses-aan-'n-kant-kriekettoernooi.
Na afloop van die wedstryde in die uitdunronde sal die drie afdelingwenners mekaar later in die eindronde die stryd aansê.
Die spanne is soos volg geloot:
- Afdeling 1 by Hoërskool D.F. Malan: The Settlers High School, D.F. Malan, Curro Durbanville en Hoërskool Durbanville B.
- Afdeling 2 by Durbanville: Reddam House, Durbanville A, Hoërskool Bellville, Fairmont.
- Afdeling 3 by Hoërskool Tygerberg: Brackenfell, Tygerberg, Parow, Edgemead.
Durbanville is die verdedigende kampioen. - Sarel Burger



















