Die Westelike Provinsie sal aanstaande maand in Mkhanda deur 'n betreklik onervare span verteenwoordig word by die nasionale Khaya Majola-kriekettoernooi vir o. 19-spanne.
Fayyaad Davids (SACS) is die enigste lid van die Kaapse span, wat by verlede jaar se toernooi op Stellenbosch skitterend vertoon het en as die topspan aangewys is, wat weer hierdie slag beskikbaar is.
Drie spelers wat darem verlede jaar die WP se o. 16-span verteenwoordig het, naamlik Raeeq Daniels (Rondebosch), Benjamin Hansen en Paul James (albei Wynberg), is ook vanjaar in die WP se o. 19-span ingesluit.
'n Opvallende kenmerk van die WP se o. 16-span vir die nasionale toernooi aanstaande maand in Oudtshoorn is dat nege van die 13 spanlede van skole in Rondebosch is - vyf spelers van Rondebosch Boys' High en vier van Bishops.
Die WP-spanne vir die vier vernaamste toernooie is:
- Alexander Combrinck, Raeeq Daniels, Declan Gillespie (almal Rondebosch Boys' High), Fayyaad Davids, Oliver Whitehead, Joshua Wyngaard (almal SACS), Mbulelo Dube (Guguletu), Benjamin Hansen, Paul James (albei Wynberg Boys' High), Kashief Joseph (Bishops), Ethan Kotzee (Fairmont), Sibulele Sibunzana, Siyabonga Venge, Liyaka Xatoto (almal Khayelitsha).
Bestuurder: Victor Matyolo.
Afrigters: Roger Telemachus en Brendan Kleynhans.
- Waco Bassick, Adnaan Lagadien, Singa Mayoyo, Litha Mbiko (almal Bishops), Daniel Bosman, Daniel Cooke, Noah Heath, Hluelo Mweba, Joshua Neill (almal Rondebosch Boys' High), Unathi Magaloza (Khayelitsha), Muhammad Ameen Schroeder, Luke Kleinsmith, Michail Tarentaal (almal Wynberg Boys' High).
Bestuurder: Thabo Spelman.
Afrigters: Kholekile Matikinca en Esmund van Wyk.
- Lilitha Bakubaku, Rifqah Esau, Sinelethu Yaso (almal HTS Bellville), Refiloe Bomvana, Aseza Ngwaca (albei Guguletu), Jemma Botha (Wynberg Girls' High), Leigh Filander (Fairmont), Alexia Kontopirakis (Somerset College), Akhona Mahlanza (Langa), Kayla Reyneke (HS Bellville), Kathleen Seager (Blouberg Internasionaal), Leshay Walker (Cravenby), Caitlin Wyngaard (HS Strand).
Bestuurder: Nita Janse van Rensburg.
Afrigters: Vuyani Parafini en Claire Terblanche.
- Onke Batwa (Langa), Lindokuhle Batyi (Mfuleni-klub), Nuha Benjamin, Ashline Titus (albei Victoria-klub), Cara Bester (HS Durbanville), Lisakhaya Blom (Khayelitsha), Zintle Dzidzi (Masiphumelele), Danielleh Hugo (Curro Durbanville), Miya Lalor, Erin Scrooby (albei Reddam Constantia), Estelle Russouw (Somerset-Wes-klub), Imaan van Schalkwyk (Bergvliet), Jade Wyngaard (Hottentots-Holland).
Bestuurder: Lucia Rangwedi.
Afrigters: Shiree Steyn en Ezryn van Aswegen.



















