Bishops en Parklands oorweldig opponente

'n Uitstekende spanpoging het Bishops se eerste krieketspan Saterdag in staat gestel om HJS Paarl 'n afranseling met 136 lopies te gee in die jongste skolekragmetings.

Nadat Bishops 274/7 opgestapel het, het Michael Kruiskamp (5/17) en sy medeboulers die Paarliete tot 138 lopies ingehok.

Die groot individuele uitblinker in die jongste reeks o. 19A-wedstryde in die WP was Wynberg Boys' High se Storme van Rooyen (137), maar Paul Roos Gimnasium kon nogtans daarin slaag om 'n onbesliste uitslag in hierdie kragmeting af te dwing.

Parklands College se Blaine Fisher was eweneens pragtig op stryk toe hy met sy 8/19 gesorg het dat Pinelands vir net 60 lopies uitgeboender is - om Parklands daarmee op die oorwinningspad te plaas.In 'n lopiefees by die Hoërskool Tygerberg het die flinke kolfwerk van die HS Durbanville se Calla du Toit (76) en Henry Venter (73) meegebring dat die Durbies se 280 lopies heeltemal buite bereik van die Tiere se daaropvolgende telling van 190 geplaas is.In die Boland is die Hoërskool Strand (268) pragtig op stryk en Saterdag was Daniël Theron (97, 12x6) en sy makkers een te veel vir Worcester Gimnasium (146). Ook HS Swartland (254/8) was met Pieter Hanekom (64) aan die voorpunt te sterk vir Charlie Hofmeyr (169).In die o. 15- geledere was die uitblinkers C. Scheffler (Parklands, 92* t. Pinelands), Saud Fakier (Pinelands, 77) en Lukhanyo Dangala (De Kuilen, 71 t. Brackenfell.). In 'n o.14-wedstryd het Marco Newes (Fairmont) 83 lopies teen DF Malan aangeteken.'n Nuwe, landwye T20-krieketkompetisie vir o.19-spanne (sonder matrieks), waarvoor enige skool kon inskryf, word hierdie week in Suid-Afrika geloods.Die skole en junior afdelings van klubs in die WP se wedstryde in ronde een (tuisspan eerste) is: Curro Durbanville t. D.F. Malan, Bishops t. Groote Schuur, Vishoek t. St. Augustine-klub, Westerford t. Victoria-klub, Rondebosch t. Edgemead, Pinelands t. Hanover-klub, Ottoman-klub t. Langa-klub, Milnerton t. Table View, SACS t. Guguletu-klub, HS Durbanville t. Parklands, Tygerberg-klub t. Mfuleni-klub, Helderberg-klub t. HS Tygerberg, Khayelitsha-klub t. Brackenfell, Muizenberg t. Reddam House Constantia, HTS Bellville t. Mitchells Plein-klub, Wynberg t. HS Suid-Skiereiland.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

CTA