Hoërskool Strand presteer by eisteddfod

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hoërskool Strand-leerlinge het uitgeblink in die Allegretto Eisteddfod.
Hoërskool Strand-leerlinge het uitgeblink in die Allegretto Eisteddfod.

Leerlinge van die Hoërskool Strand het onlangs uitstekend gevaar in die nasionale Allegretto Eisteddfod. Die toptien is die afgelope week aangekondig.

Michael Ruzvidzo (gr. 11) is aangewys as die wenner in die afdeling vir gedramatiseerde werk, terwyl Jan-Dawid de Clerk (gr. 9) eweneens die landwye wenner is vir ongedramatiseerde werk.

Saskia McDilling (gr. 12) is in die afdeling vir senior solosang gesamentlik eerste geplaas, terwyl Gabriella Benade (gr. 9) die eerste prys verower het vir junior solosang.

Boonop het die Hoërskool Strand se koor in die vyfde plek geëindig. Ander uitblinkers van die skool was Danica Olivier (gr. 9) wat die agtste plek vir toneelspel ingepalm het, Chloe Nel (gr. 9) wat die vierde plek vir junior solosang behaal het, Emma Truter (gr. 9), wat die sewende vir junior solosang losgesing het, Franko Stevens (gr. 12), wat die sewende plek vir toneelspel behaal het, Xander Mulligan (gr. 11) en Michael Heyns (gr. 12) wat saam in die agste plek vir senior gedramatiseerde werk geëindig het, asook Christine Kok (gr. 10) wat gesamentlik sewende was vir senior solosang.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

CTA