Die jaar in graad 9 vlieg verby, en vinnig sal jy moet besluit watter vakke jy in graad 10 tot 12 gaan neem. Hierdie keuses kan ’n groot invloed hê op watter studierigting of loopbaan later vir jou beskikbaar is. Hier is ’n gids wat jou moontlik kan help om die regte vakkeuse te oorweeg.
1.Begryp die raamwerk: verpligte vakke en keusevakke
Volgens die departement van basiese onderwys moet elke leerder in graad 10 tot 12 sewe vakke hê – vier is verpligtend en drie is jou keuse.
Die vier verpligte vakke is:
Twee Suid-Afrikaanse tale: een huistaal en een eerste addisionele taal
Wiskunde of wiskundige geletterdheid
Lewensoriëntering
Vir jou keusevakke (die ander drie vakke), kan jy kies uit ’n lys vakke wat goedgekeur is vir die FET-fase.
Hier kan jy kies uit vakke soos rekeningkunde, besigheidstudies, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, geskiedenis, geografie, inligtingstegnologie, en vele meer.















