Skolesportuitslae: Die week se uitslae

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Gimmies en Boishaai indrukwekkend voor groot interskole-kragmeting

Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspanne het Saterdag duidelik laat blyk dat hulle albei slaggereed is vir hul jaarlikse interskole-botsing aanstaande kwartaal.

Die Gimmies het in die Agter-Paarl 12 keer agter die Landbouskool Boland se doellyn gaan draai vir 'n wegholsege van 80-29.

Markus Muller was verantwoordelik vir vyf van die drieë en was boonop met nege doelskoppe suksesvol vir 'n persoonlike bydrae van 43 punte.

Buurman Boishaai het op sy beurt die span van Durbanville laat klippe kou en die besoekers se doellyn agt keer oorgesteek vir 'n oorwinning van 54-14.

Bishops het aanvanklik Rondebosch Boys' High goed vasgevat, maar die Bosch het algaande die oorhand gekry om 28-7 te wen.

Ook die kragmeting tussen SACS en Wynberg Boys' High was van meet af 'n taai tweestryd, maar Wynberg het in die tweede helfte die bresse geslaan om 21-10 te wen.

WESTELIKE PROVINSIE

o. 19A

• PAARL GIM - Drieë:Markus Muller (senter, 5), Dawid Badenhorst (heelagter, 3), Johan Kleynhans (vleuel), Charles Whitehead (haker), Pieta Cilliers (stut), Divan Pieters (plaasv.-losskakel). Doelskoppe: Meyer (9), Pieters. LANDBOUSKOOL - Drieë: Pieter Bergh (losskakel), Jayden Brits (skrumskakel), Stephan Griesel (slot), Juan Visagie (agtsteman, 2). Doelskoppe Brits (2).

• Tjeripo Karuhumba (flank), Yaqeen Ahmed (senter, 2). Doelskoppe Achmat Behardien (losskakel, 3). SACS - Drie: Daniel Grant (agtsteman). Doelskop:Mikey Skeeles (senter). Strafdoel: Skeeles.

• RONDEBOSCH - Drieë: Caleb Bell, Daniel Cooke, Ismaeel Conrad, Joshua Neill. Doelskoppe: Sebastian Boshoff (4). BISHOPS - Boytjie Fyfer. Doelskop: Eljaron Geduld.

• JP Norton (haker), Jayden Joubert (slot), Jordan Jooste (stut, 2), Cruzz Davey (stut), Kobus Wilken, Juan van der Merwe, Gawie Kok. Doelskoppe: Iwan Jordaan (senter, 5), Francois van der Merwe (heelagter), Steph van der Merwe (agtsteman). DURBANVILLE Drieë: Valrino Olckers (losskakel), Adrian Freemantle (agtsteman). Doelskoppe: Kyle Albertus (senter, 2).

• Hottentots-Holland t. HS Tygerberg: Wedstryd uitgestel.

Ander uitslae:

o. 19B: Landbouskool Boland 17, Paarl Gim 50; SACS 0, Wynberg 35; Rondebosch 34, Bishops 7; HJS Paarl 64 Durbanville 14.

o. 16A: Landbouskool Boland 9, Paarl Gim 10; SACS 24, Wynberg 14; Rondebosch 40, Bishops 29; HJS Paarl 26, Durbanville 7.

o. 15A: Landbouskool Boland 7, Paarl Gim 39; SACS 5, Wynberg 13; Rondebosch 36, Bishops 7; HJS Paarl 33, Durbanville 11.

o. 14A: Landbouskool Boland 8, Paarl Gim 20; Rondebosch 17, Bishops 19; SACS 8, Wynberg 13; HJS Paarl 17, Durbanville 0.

SPELETJIES VANDAG

CTA