MySkool

Slim drieling behaal saam 21 onderskeidings

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
André, Heidi en Norman Rossouw.
André, Heidi en Norman Rossouw.

'n Drieling van Bloubergstrand buite Kaapstad het 21 onderskeidings in die 2023-matriekeindeksamen ingeryg.

André, Heidi en Norman Rossouw, oudleerlinge van Parklands College, het al drie sewe onderskeidings elk behaal.

Die drieling was die toppresteerders van die skool met hul uitstekende gemiddelde van 93% vir André, 95% vir Heidi en 91% vir Norman.

Heidi skryf haar geweldige sukses toe aan die "meestal vriendskaplike" mededinging tussen haar en haar twee broers, asook die feit dat hulle baie dikwels saam kon studeer en saam deur ou vraestelle kon worstel.

Heidi is as die dux-leerling van Park­lands College aangewys en is ook onlangs by Leeuwenhof, die premierswoning in Kaapstad, vereer as een van die Wes-Kaap se toppresterende leerlinge.

Heidi skryf haar geweldige sukses toe aan die "meestal vriendskaplike" mededinging tussen haar en haar twee broers, asook die feit dat hulle baie dikwels saam kon studeer en saam deur ou vraestelle kon worstel.

Heidi begin vanjaar met haar mediese studie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en hoop om in haar pa, wyle dr. Pierre Rossouw van Table View, se voetspore te volg.

Norman begin vanjaar met sy graad in data-ingenieurswese aan die US.

Hy glo die ondersteuning van die onderwysers by Parklands College en ook motivering van sy familie, en veral sy oom André, het hom gehelp om sy uitstekende punte te behaal.

André is geïnspireer deur die werksetiek van albei sy ouers en glo ook dat konsekwente toewyding in gr. 11 en 12 bygedra het tot sy eindresultate.

André gaan vir 'n BRek-LLB-graad aan die US studeer.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM