Groot dinge word verwag van 'n sterk WP-span wat aanstaande maand aan die nasionale o. 19-kriekettoernooi in Kaapstad gaan deelneem.
Nadat sake by verlede jaar se toernooi in Makhanda (Grahamstad) nie heeltemal na wens verloop het nie, kan die Kapenaars vanjaar op hul tuisveld dalk net behoorlik stem dik maak.
Ses lede van die WP se 2023-span is vanjaar weer beskikbaar en voorts word die span aangevul met vier lede van verlede jaar se o. 16-groep wat uitstekend gevaar het tydens die nasionale toernooi in Oudtshoorn.
Voorts sal 10 van die 13 spanlede, komende uit drie skole - Rondebosch, Bishops en Wynberg - 'n hegte band skep en die kern van die span vorm onder die afrigting van die voormalige SA speler Roger Telemachus.
Die WP se o. 19-meisiespan, wat hul skrede in Desember na Durban wend vir die nasionale toernooi, is ewe ervare met 11 van die 13 spanlede wat die Kapenaars ook verlede jaar by die nasionale toernooie vir o. 19's en o. 16's verteenwoordig het.
Sewe meisies was deel van die WP se o. 16-groep wat een van die topspanne by die toernooi in Pietermaritzburg was.
Die WP se seunspanne vir die komende saamtrekke is:
¦o. 19 (10 tot 15 Desember, Kaapstad): Kashief Joseph, Adnaan Lagadien, Waco Bassick (almal Bishops), Nande Mguye (Khayelitsha), Benjamin Hansen, Paul James, Divan Linde (almal Wynberg), Siyabonga Venge (Stonefountain Kollege), Daniel Bosman, Raeeq Daniels, Hlumelo Mgweba, Timothy Short (almal Rondebosch), Mbulelo Dube (Guguletu). Bestuurder: Victor Matyolo. Afrigters: Roger Telemachus en Brendon Kleynhans.
¦o. 16: (10 tot 14 Desember, Pretoria): Qaeed Shaik, Michail Tarentaal, Muhammad Schroeder, Joshua Prince (almal Wynberg), Tyler Heyns, Schalk Fourie (albei Rondebosch), Litha Mbiko, Michael Kruiskamp (albei Bishops), Unathi Magoloza, Lona Pitoli (albei Khayelitsha-klub), JJ Rothman (Stellenberg), Dylan Hanekom (Tygerbergklub), Benjamin Blackburn (SACS). Bestuurder: Lutho Pohlongo. Afrigters: Bradley Barnes en Esmund van Wyk.
Die WP se meisiespanne is:
¦o. 19 (12 tot 16 Desember, Durban): Lisakhanya Blom (Khayelitsha-klub), Danielleh Hugo (Curro Durbanville), Lilitha Bakubaku, Sinelethu Yaso (albei HTS Bellville), Nuha Benjamin, Thaurah Dollie, Ashline Titus (almal Victoria-klub), Akhona Mahlanza, Sive Silati (albei Langa-klub), Cara Bester (Durbanville), Leshay Walker (HS Cravenby), Lindokuhle Batyi (Mfuleni-klub), Imaan van Schalkwyk (Bergvliet). Bestuurder: Nita Janse van Rensburg. Afrigters: Vuyani Parafini en Ezryn van Aswegen.
¦o. 16 (8 tot 11 Desember, Johannesburg): Erin Scrooby, Miya Lalor (albei Reddam House Constantia), Somila Stofile, Hlumisa Ngada, Asekhona Tingatinga (almal Khayelitsha-klub), Nakeeta Collins (Stellenberg), Zita Logenstein (Fairmont), Sakeenah Williams, Zaurah Titus (albei Victoria-klub), Sofia Beires (Westerford), Chuma Xhomani (Langa-klub), Thembakazi Ngxishe (Guguletu-klub), Chloe du Roubaix (Durbanville-klub). Bestuurder: Lucia Rangwedi. Afrigters: Juditte du Plessis en Linton Phillips.





















