WP-krieketspan kies skolier Liyema Waqu

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Rocks se Ziyaad Abrahams word aan die WP geleen.  Foto: Gallo Images
Die Rocks se Ziyaad Abrahams word aan die WP geleen. Foto: Gallo Images

Die linkerhandse naatbouler Liyema Waqu, 'n graad 11-leerling van SACS, is ingesluit in die groep van die Westelike Provinsie vir vandeesweek se provinsiale meerdagwedstryd teen die Warriors.

Die akademie-kolwer Bonga Makaka is die ander nuweling in die WP-krieketgroep.

Die provinsiale spanne moes verlede week plaasvervangers kry vir die spelers wat vir Suid-Afrika A teen Indië A in Bloemfontein speel en moes nou weer enkele spelers vervang wat in die Proteas se groep vir die eendagreeks teen Nederland is.

Die WP is nou ook sonder Zubayr Hamza en Kyle Verreynne van verlede week se elftal vir sy wedstryd in Gqeberha teen die Warriors.

Die WP is nou ook sonder Zubayr Hamza en Kyle Verreynne van verlede week se elftal vir sy wedstryd in Gqeberha teen die Warriors.

Yaseen Vallie sal die span aanvoer in die plek van Hamza.

Die WP kon die boulers Nandré Burger en Tshepo Moreki weens beserings ook nie oorweeg nie.

Van die spanne speel vandeesweek ook met leenspelers van ander provinsies.

Die naatbouler Ziyaad Abrahams word van die Rocks geleen vir die wedstryd in die Baai.

Die Warriors se Jon-Jon Smuts.
Die Warriors se Jon-Jon Smuts.

Die Warriors het die ervare Jon-Jon Smuts, Tristan Stubbs en Kyle Jacobs in hul groep betrek.

Die Lions is in Johannesburg sonder hul kolfster Ryan Rickelton en die bouler Sisanda Magala vir hul wedstryd teen die Knights, wat tweede onder hulle op die puntelys is.

Die Knights het die snelbouler Keith Dudgeon by Tuskers (KwaZulu-Natal Binneland) geleen. Hy het voorheen vir Gauteng gespeel.

Die Dolphins moes sonder Daryn Dupavillon, Kaya Zondo en Andile Phehlukwayo na Potchefstroom reis vir hul wedstryd teen Noordwes.

Die Titans moes Junior Dala en die Rocks Janneman Malan vervang vir hulle wedstryd in die Paarl.

• Puntestand (ná drie wedstryde) 1. Lions 70,40; 2. Knights 54,88; 3. Warriors 51,18; 4. Titans 42,76; 5. Dolphins 38,46; 6. Rocks 30,96; 7. WP 28,38; 8. Dragons 16,90.

Op Twitter:

SPELETJIES VANDAG

CTA