'n Ongesteldheid waarmee Marco Marais gesukkel het, het Maandag in Kimberley waarskynlikheid bygedra tot die slagting van die boulers van die Limpopo Impalas.
Marais, van nature 'n mokerman, het met sewe sesse in sy beurt van 65 van 35 balle opnuut gewys hoe vernietigend hy kan wees met die kolf in Oos-Kaap Iinyathi (Grens) se bonuspuntsege met agt paaljies teen die Limpopo Impalas.
Grens het met 139/2 in net 14.3 boulbeurte op die 138/5 van die Impalas in die groepwedstryd in die provinsiale T20-reeks geantwoord.
Marais, bekend om die vinnigste 300-tal in eersterangse krieket, het vroeg in sy kolfbeurt ongemak gehad.
Hy het in sy televisie-onderhoud agterna gemeld die hitte van Kimberley is " 'n anderste hitte."
Toe hy sy kolf vir sy vyftigtal lig, het daar gestaan dat 40 lopies daarvan van grenshoue was. Dit het ses sesse ingesluit en dit was duidelik hy is nie daar om tyd te mors nie.
Marais se aanvangsmaat, Mncedisi Malika (41, 32b), het by hom aangesteek wat grenshoue betref, en self ingeklim onder die boulwerk.
Marais se aanvangsmaat, Mncedisi Malika (41, 32b), het by hom aangesteek wat grenshoue betref, en self ingeklim onder die boulwerk.
Die twee het 82 lopies in die kragspel van ses beurte gemoker en uiteindelik 116 van net 63 balle om die eerste paaltjie aangeteken.
Die aanvangsbouler Sithembile Langa het met 0/39 in twee boulbeurte, 15 in die eerste beurt van die kolfbeurt, die kwaaiste deurgeloop.
Morné Venter (56*, 40b) en Juandré Scheepers (31, 30b) het die Impalas vroeër aansien in hul kolfbeurt gegee, maar die span se boul- en veldwerk het by tye veel te wense oorgelaat.
Venter en Scheepers het met 96 om die vyfde paaltjie vasgeskop voordat Scheepers met die laaste aflewering van hul kolfbeurt uitgehardloop is.
Die Impalas was voor dit vroeg met die rug teen die muur.
Die naatbouler Thando Mnyaka (2/19) het twee paaltjies in die laaste beurt van die kragspel gekry wat hulle op 34/2 gelaat het.
Toe Gideon Peters (2/17) hom in die negende boulbeurt met sy eerste twee aflewerings op driekuns bevind, was die Impalas verder in die knyp op 42/4.
Grens speel Dinsdag teen die Rocks, die ander onoorwonne span in die groep.
Kyk hierna die volledige telkaart





















