SA20 ‘skend persvryheid’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Plaaslike fotograwe is woedend vir die SA20-reeks.

Graeme Smith, kommissaris van die SA20. Foto: Gallo Images
Graeme Smith, kommissaris van die SA20. Foto: Gallo Images

Die glansliga gaan slegs van een foto-agentskap, Sportzpics, gebruik maak om foto's by wedstryde te neem. Geen ander fotograwe sal geakkrediteer word nie.

Die fotograaf Christiaan Kotzé, van die C&C Photo Agency, het hom selfs tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gewend om die situasie te probeer beredder. ­Hy meen dit druis in teen mediavryheid.

Steve Haag, 'n sportfotograaf van Durban, sê dit is 'n bitter pil vir mense wat 'n lewe uit sport­fotografie maak. "Ek kan geen rede sien dat plaaslike fotograwe geblok moet word by 'n sportliga in Suid-Afrika nie," sê Haag.

Graeme Smith, die kommissaris van die SA20, sê hulle neem eienaarskap van die fotografie van die liga.

"Ons gebruik steeds plaaslike fotograwe, maar volg die wêreldwye beste praktyk vir ons fotografiese inhoud," sê Smith aan Rapport.

"Dit is soortgelyk aan hoe uitsaairegte-ooreenkomste wêreldwyd bestuur word. Ons ondersteun Suid-Afrikaanse fotografie, terwyl ons seker maak ons neem eienaarskap van ons produk."

Volgens 'n woordvoerder van die SA20 is Sportzpics 'n Suid-Afrikaanse agentskap wat wêreldwyd byeenkomste afneem.

Sbu Ngalwa, Sanef se voorsitter, het nie teen druktyd op navrae gereageer nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA