‘Twaalfde speler’ help Paarl Rocks wen

Die Mzansi-superliga (MSL) doen goed in sy huidige formaat, maar die Paarl Rocks se afrigter, Adrian Birrell, dink die toernooi kan uitbrei tot agt spanne.

Adrian Birrell Foto: Gallo Images
Adrian Birrell Foto: Gallo Images

Birrell se Rocks het die afgelope week die tweede weergawe van die toernooi op hul tuisveld, Bolandpark, beklink met 'n oorwinning oor die Tshwane Spartans.

Volgens Birrell was hy en die ander afrigters dit eens dat die standaard van krieket vanjaar baie beter was. Dit maak die sege net soveel soeter vir sy span.

"Die toernooi is nou op 'n goeie plek. Hopelik sal daar volgende jaar meer borge by die spanne betrokke wees."

Hy meen die span se ondersteuners het bygedra tot hul goeie vertonings.

"Hulle was amper soos daardie 12de speler vir ons. Daar was nie 'n span in die kompetisie wat beter ondersteun is as ons nie. Ons spelers het ook baie meer van die veld af gedoen as die ander spanne," sê Birrell.

"Ek haal my hoed af vir ons bemarkingspan wat so baie gedoen het om die spelers in die gemeenskap betrokke te kry," sê hy. - Leighton Koopman

SPELETJIES VANDAG

CTA