Drie Bokke Covid-19-positief

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Rassie Erasmus vroeër die maand in Bloemfontein op die oefenveld. Foto: Gallo Images
Rassie Erasmus vroeër die maand in Bloemfontein op die oefenveld. Foto: Gallo Images

Drie Springbokke het positief getoets vir die Covid-19-virus, maar Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, sê die kans is skraal dat dit Vrydagaand se toets teen Georgië in Pretoria in gedrang sal bring.

Die Bokke se beplande oefensessie Sondagoggend in Johannesburg is gekanselleer nadat die positiewe gevalle laat Saterdagaand aangemeld is.

Erasmus het bevestig Sbu Nkosi (vleuel), Herschel Jantjies (skrumskakel) en die stut Vincent Koch het positief getoets.

Nkosi en Jantjies was die laaste drie weke in Bloemfontein in die Bok-oefenkamp, terwyl Koch sopas uit Engeland by die groep aangesluit het.

Herscel Jantjies, skrumskakel van die Stormers, is een van die Bokke wat positief getoets het vir die Covid-19-virus. Foto: Gallo Images
Herscel Jantjies, skrumskakel van die Stormers, is een van die Bokke wat positief getoets het vir die Covid-19-virus. Foto: Gallo Images (Charle' Lombard (+27) 82 821 2911 )

Saru het in 'n nuusverklaring gesê die oefensessie is as 'n voorsorgmaatreël gekanselleer.

SPELETJIES VANDAG

CTA