Statebondspele

2 SA boksers van medaljes verseker

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Simnikiwe Bongco vandeesweek op die Statebondspele in aksie. Foto: Getty Images
Simnikiwe Bongco vandeesweek op die Statebondspele in aksie. Foto: Getty Images

Twee Suid-Afrikaanse boksers - die een 'n man en die ander 'n vrou - boks Saterdag op die Statebondspele in Birmingham in die halfeindronde.

Beide is minstens van 'n bronsmedalje gewaarborg omdat hulle die halfeindronde gehaal het.

As hulle sou wen, veg hulle teen die ander halfeindronde-wenners om te bepaal wie goud en wie silwer ontvang. Beide verloorders in die halfeindronde sal bronsmedaljes ontvang.

Dit sal Suid-Afrika se eerste medaljes in boks in agt jaar op die Statebondspele wees.

Die 21-jarige Simnikiwe Bongco klim om 13:15 (SA tyd) in die middelgewig-afdeling (71-75 kg) teen die Australiër Callum Peters (19) deur die toue.

Bongco het in die kwarteindronde met Grenada se Kemrond Moses afgereken.

Phiwokuhle Sbusisiwe Mnguni sal Saterdag in die halfeindronde vir liggewig-vroue op die Statebondspele veg. Foto: Gallo Images
Phiwokuhle Sbusisiwe Mnguni sal Saterdag in die halfeindronde vir liggewig-vroue op die Statebondspele veg. Foto: Gallo Images

Om 20:30 sal Phiwokuhle Sbusisiwe Mnguni die Wallieser Michaela Walsh in die veergewig-afdeling (54-57 kg) pak. Sy het Sri Lanka se Sajeewani Coorey Muthuthanthri in die kwarteindronde geklop nadat die skeidsregter die geveg in die tweede ronde gestop het.

In rolbal het Jason Evans Vrydag in die kwarteindronde met 12-21 teen Noord-Ierland se Gary Kelly vasgeval.

Suid-Afrika het twee rolbalmedaljes, in die viere vir vroue en in die afdeling vir Paralimpiese vroue (pare), verower.

CTA