Die Olimpiese judoka Michaela Whitebooi het vroeg Maandagaand Suid-Afrika se vyfde goue medalje by die Statebondspele verower.
Dié Tukkie het in die afdeling vir vroue onder 48 kg met Shushila Devi Likmabam afgereken om Statebondspele-kampioen te word.
Suid-Afrika spog nou met agt medaljes. Dit sluit ook een silwer en twee bronsmedaljes in.
Hou Netwerk24 dop vir meer later.












