Carlos Alcaraz het Saterdag sy tweede toetrede tot die Queen's Club-toernooi se eindstryd gemaak deur Roberto Bautista Agut gemaklik met 6-4, 6-4 te klop.
Die tweede gekeurde Alcaraz het nou 17 wedstryde op 'n streep gewen - die meeste van sy loopbaan.
Die vyfmalige Grand Slam-wenner het 36 wenhoue en 15 kishoue geslaan om in 90 minute met sy landgenoot klaar te speel.
Alcaraz se teenstander in die eindstryd is die Tsjeg Jiri Lehecka, wat Saterdag 'n skokoorwinning met 6-4, 4-6, 7-5 oor Engeland se Jack Draper in die ander halfeindstryd behaal het.
Dié opwarmingstoernooi vir Wimbledon is Alcaraz se eerste toernooi sedert sy epiese oorwinning oor Jannik Sinner in die Franse Ope. Die 22-jarige Alcaraz is nou deur na sy vyfde eindstryd in 'n ry nadat hy kleibaantitels in Parys, Rome, Barcelona en Monte Carlo verower het.
Hy het hom in 2023 as 'n ewe gedugte teenstander op gras aangekondig toe hy die Queen's-toernooi gewen het, met die Wimbledon-titel kort daarna.
"Ek speel uitstekende tennis en voel ál meer gemaklik ná elke wedstryd. Om weer die eindstryd hier te haal is so spesiaal," sê Alcaraz. - AFP





















