'n Ongewone Wêreldbeker-toernooi - een in Desember - is Sondag in Doha, Katar, op kleurryke wyse afgesluit. Die volgende sokkerskouspel sal in Junie en Julie 2026 in 16 stede in Kanada, Mexiko en Amerika plaasvind. Altesaam 48 spanne sal deelneem, teenoor die 32 wat die afgelope maand 64 wedstryde gespeel het.

























