Fifa kies gashere vir groot WB-wedstryde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gianni Infantino, president van Fifa, en die komediant en akteur Kevin Hart by die aankondiging. Foto: Getty Images
Gianni Infantino, president van Fifa, en die komediant en akteur Kevin Hart by die aankondiging. Foto: Getty Images

Die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi in 2026 sal in Mexikostad se ikoniese Azteca-stadion beslis word, terwyl die MetLife-stadion in New York/New Jersey die eindstryd sal aanbied.

Gianni Infantino, president van Fifa, het die aankondiging Sondag gedoen.

Amerika, Kanada en Mexiko is die gesamentlike gashere vir die vergrote toernooi wat deur 48 spanne beslis sal word.

Die Azteca word die eerste stadion wat wedstryde in drie afsonderlike Wêreldbekertoernooie sal aanbied nadat dit ook in 1970 en 1986 benut is.

Amerika begin sy veldtog op 12 Junie in die SoFi-stadion in Los Angeles en sal ook in Seattle speel.

Toronto is vir Kanada se openingswedstryd gekies. Vancouver is die ander Kanadese stad wat vir die span gasheer sal speel.

Die besluite is regstreeks op televisie in Noord-Amerika aangekondig. Die komediant en akteur Kevin Hart, kletsrymer Drake en glanspersoonlikheid Kim Kardashian het onder die aanbieders getel. - AFP

SPELETJIES VANDAG

CTA