Schalk van der Westhuizen
Die politieke trekvoël Nick Koornhof (NP, DA, Cope, ANC), se dekades lange tyd in die parlement moet hom beslis ’n handige klompie aftreerande besorg het, insluitend byvoordele.
Nou is hy op sy oudag skielik skaam (“Ek is 70, skaam en jammer”, 26.02). Mik hy dalk na die ambassadeurspos in Amerika met hierdie nuutgevonde skaamheid? Is hy ook skaam oor sy verbintenis met die ANC?
Om hom van sy skaamte en wroeging te verlos, stel ek voor hy laat maak ’n persoonlike nommerplaat vir sy duur motor in die duur woonbuurt waar hy woon – SKAAM 1 WP.
Laat hoor van jou:Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.














