BRIEF | Vroue-sewesspan kort dadelik hulp

Riaan Swart, Hopefield, skryf:

’n Mens kan met reg sê: “Ten einde laaste, dit was hoog tyd!”

Hoe ook al, baie geluk aan die Blitsbokke en hul afrigtingspan met hul heel eerste Hongkong-sewestitel. Tereg is alle rugbyondersteuners in die wolke, veral ná Vrydag se fiasko teen Spanje.

Hou so aan! Nou net een gunsie, asseblief: Kan Philip Snyman, die Blitsbokke se afrigter, nie vir Cecil Afrika en sy vroue-sewesspan na hul volgende oefenkamp nooi en hulle bietjie leer om dinge te doen nie?

Laat hoor van jou:Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

CTA