Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Nee! Nee! Julius Malema weer op ons koerant se voorblad (02.10). Daar is mos beter nuus. – Pierre Conradie, Kuilsrivier
Izak Smalman, ’n Bell’s vir jou brief oor Julius Malema (01.10). Vir hom ’n oranje oorpak. Hopelik sal hy in die tronk van nut word. Wat het hy tot stand gebring of opgebou? Laat hom grootmeneer gaan wees in �die tronk. – Maretha
Sal adv. Shamila Batohi (03.10) asseblief sê van wie die batebeslagleggingseenheid R6 miljard die afgelope vyf jaar verhaal het? En wie van die korruptes oranje uniforms dra. Dit sal my baie beter laat slaap as ek weet die skelms betaal nie net in rand nie. – A. Mostert Mosselbaai
Ek lees die RNE het nou ná 143 dae (byna vyf maande) nog nie saam vergader nie. Het die ANC sedert Mei 2024 nog 26% bygekry en regeer nou weer alleen? In alle geval, watter besluite het enige van die ander leiers in die RNE in 16 maande geneem? Pres. Cyril Ramaphosa neem alleen nog alle besluite. Miskien sal hulle weer vergader wanneer Ramaphosa vrede tussen Rusland en Oekraïne teweeggebring het. – Johan, Nuweland
Benewens die klugspul met die Bafana-speler wat nie moes speel nie, hoe verklaar ’n mens dat jy ’n groep van 23 spelers het vir ’n span wat net 11 spelers op die veld nodig het? Absurd. – Schalk, Stellenbosch





















