Papier maak Kapenaars bevoorreg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mense is meer geneig om gevestigde mediabronne as byvoorbeeld lukrake sosiale-media-plasings te vertrou. Foto: Argief
Mense is meer geneig om gevestigde mediabronne as byvoorbeeld lukrake sosiale-media-plasings te vertrou. Foto: Argief

Terwyl die gedrukte media al hoe meer onder druk kom om digitaal te gaan, is ons in die Kaap ontsettend bevoorreg om steeds ons koerant vroegoggend by die voordeur te kan kry. Wat is nou beter as boeretroos en 'n koerant in jou moedertaal? Ek hoop van harte dat dit vir ewig sal wees.

Die onlangse spesiale bylae om die 110de jaar van Die Burger te gedenk, was interessant, veral die foto van al die redakteurs oor die 110 jaar het my opgeval.

Dit verraai my ouderdom, maar ek het nege persoonlik geken. Wel nie vir dr. D.F. Malan toe hy redakteur was nie, maar toe hy voor 1948 in Stellenbosch gewoon het en hy en my ouers huisvriende was. Die Burger was en is bevoorreg om sulke puik leiers oor die jare te kon vind.

Kobus Meiring, Seepunt

SPELETJIES VANDAG

CTA