Profiele

Proust met . . . Jean Henry

Die akteur John Henry, wat die rol van Arno in ‘Diepe Waters’ vertolk.
Die akteur John Henry, wat die rol van Arno in ‘Diepe Waters’ vertolk. (Foto: Verskaf)

Jean Henry vertolk die rol van Arno in Diepe Waters. Dié kykNET-sepie is Maandae tot Donderdae om 18:30 op die kassie. Hy beantwoord die Proust-vraelys.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Om vir my gesin te kan voorsien.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Wedersydse liefde en respek vir my familie en vriende saam met my psigiese en fisieke gesondheid.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Positief, maar dra baie op my skouers. Ek gee die goed maar oor wat buite my beheer is.

Wat is jou gunsteling-beroep?

Akteur.

Wat is jou kosbaarste besitting?

Ons huis.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

My vrou.

Wat is jou gunsteling-reis?

Stap in die Bosveld.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Om die belangrikste take te prioritiseer en dit gedoen te kry, maak nie saak hoe moeilik nie. My bereidwilligheid om iets nuuts te leer.

Waar en wanneer is jy op jou gelukkigste?

Wanneer my vrou en kind uit hul maag uit lag.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Iemand wat geen respek het vir ander se tyd nie.

Wat is jou grootste vrees?

Om beheer van my brein en spiere te verloor.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Padel.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Ek kan aan niemand dink nie, as iemand my pla, dan sal ek net nie saam met hulle tyd deurbring nie.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek nie R1 000 se Bitcoin in 2009 gekoop het nie.

Bitcoin, die kripto-beleggingsbus wat baie mense verpas het.
Bitcoin, die kripto-beleggingsbus wat baie mense verpas het. (Foto: Getty Images)

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om net ses ure te kan slaap en 100% uitgerus te wees elke dag, sodat ek harder kan werk en meer kan lewe.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Franschhoek/Paarl – met ’n private vliegtuig.

Die Franschhoek-vallei in die hartjie van die Kaapse wynlande.
Die Franschhoek-vallei in die hartjie van die Kaapse wynlande. (Foto: Getty Images)

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Om mense se vryheid van hulle af weg te neem.

Van watter eienskap in ’n man hou jy die meeste van?

Om vir sy familie te voorsien en hulle te beskerm.

Van watter eienskap in ’n vrou hou jy die meeste van?

Om haar man en kinders lief te hê en na hul emosies om te sien.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Ek is verskriklik reguit en mense kan dit verkeerd opneem.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Oneerlikheid.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Hul lojaliteit en eerlikheid.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Sherlock Holmes.

Wie is jou gunsteling-skrywer(s)?

Jeffrey Archer.

Die skrywer Jeffrey Archer.
Die skrywer Jeffrey Archer. (Foto: Getty Images)

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Elvis Presley.

Elvis Presley
Elvis Presley (Foto: Getty Images)

Wie is jou helde in die ware lewe?

My pa en my skoonpa.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

My vrou.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Beroemdheid.

Wanneer vertel jy leuens?

Ek weet nie, ek vertel eerder die waarheid al maak dit seer.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

“Done.”

As jy iets omtrent jouself kan verander, wat sal dit wees?

Sal net sterker wil wees, ek probeer om elke dag daaraan te werk.

Wat is jou gunsteling-name?

Ek het nie.

Hoe sal jy graag wil sterf?

In my slaap, met die gemoedsrus dat my mense versorg sal word.

As jy ná jou dood kon terugkom as ’n mens of ’n ding, wat dink jy sal dit wees?

’n Golden retriever.

Die mens se beste vriend . . . ’n jong golden retriever.
Die mens se beste vriend . . . ’n jong golden retriever. (Foto: Getty Images)

Wat is jou motto?

“Focus only on what you can control.”

3881

CTA