Sielsdinge

Bybel is regte bron

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

G.K. Chesterton het gesê jy moenie dink as mense ophou glo, glo hulle in niks nie. Inteendeel, dan glo hulle in enigiets. Wanneer dit by geloof kom, doen sommige iets soortgelyks. Wanneer hulle die Bybel as bron van kennis oor God los, praat Hy skielik op enige ander manier met hulle - drome, stemme, visioene, vreemde tekens, die noodlot . . . Dan is enige gebeurtenis wat hulle pas, gelyk aan God wat "inspreek" in hul lewe.

Lig loop om só met God om te gaan. Wees versigtig in sy teenwoordigheid. Toets jou menings en gevoelens oor Hom aan die Bybel. Wees aanspreeklik daaroor tussen ander gelowiges. Doen moeite om die Bybel verantwoordelik te bestudeer. Weet dat God nie gedurig hier met jou gaan saamstem nie. Of dat Hy kitsantwoorde op jou vrae en krisisse aan jou verskuldig is nie. Maar weet ook dat die Gees jou lei deur studie, harde werk, geloof en aanhoudende nadenke.

God laat Homself vind deur almal wat reg en opreg na Hom soek. Hy laat Homself ken op sy eie terme, soos die Bybel leer

Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe­. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. - Psalm 19:8-9

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM