Stephan Joubert: Gee vandag alles wat jy het

Happy loving family. Father and his daughter child playing and hugging outdoors. Cute little girl and daddy.
Happy loving family. Father and his daughter child playing and hugging outdoors. Cute little girl and daddy. (Foto: Getty Images)

Erma Bombeck (1927-1996) was ’n Amerikaanse skrywer. Dit is veral haar humoristiese rubrieke in ’n klomp koerante wat van haar ’n bekende naam in Amerika gemaak het.

Eenkeer het iemand haar gevra of sy haar beste idees ooit vir ’n volgende rubriek terughou. Toe sê sy: “I don’t save anything. My pockets are empty at the end of a week. So is my file of ideas . . . I trot out the best I’ve got, and come the next week, I bargain, whimper, make promises, cower and throw myself on the mercy of the Almighty . . .”

Wat ’n lewensles! Ons hou nooit ons beste terug nie. Ons is nie lewende dreigemente wat passief sit en wag vir ’n reënerige dag wanneer ons groot dinge vir die Here gaan doen nie. Soos wat Creedence Clearwater Revival sing: “Someday never comes!”

Moenie terughou nie. Vandag is dié dag. Vandag is goeddoendag, omgeedag, weggeedag, opboudag. Vandag maak jy jou lewensbeker leeg. Vandag gee jy jou beste vir God, jou vriende, jou familie en vir ander. As jy môre nog leef, begin jy van voor af en doen dit weer. Môre sal die Here jou lewensbeker nogmaals opvul.

Uit die Woord

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. – Efesiërs 5:15-16

SPELETJIES VANDAG

CTA