Michael Kitzelmann was 'n jong offisier in die Duitse weermag in die Tweede Wêreldoorlog.
Toe raak hy bewus van die Nazi's se wreedhede teenoor Joodse gevangenes.
As Christen het hy homself tussen ander soldate hierteen uitgespreek.
'n Medesoldaat het hom gaan verkla. Kitzelmann is ter dood veroordeel. Op 11 Junie 1942 is hy voor 'n Duitse vuurpeloton tereggestel. Net voordat hy doodgeskiet is, het Kitzelmann egter gesê hy vergeef die soldaat wat hom verraai het.
Om teen korrupte stelsels op te staan kos duur. Nogtans meld navolgers van Jesus aan wanneer korrupsie en onreg wen.
Die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer het presies dit gedoen.
In 1943 is hy ook gearresteer weens sy kritiek teen Hitler en die Nazi's. Uiteindelik is hy op 9 April 1945 tereggestel.
Nee, gelowiges soek nie moeilikheid nie. Hulle leef opreg vir Christus. Soms het dit egter noodlottige gevolge, soos Kitzelmann en Bonhoeffer beleef het. Maar, soos wat Jesus in Markus 8 leer: Elkeen wat regtig sy kruis dra, het in elk geval reeds hul lewe verloor toe hulle hierdie keuse gemaak het
"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My en die evangelie verloor, sal dit red." - Markus 8:34-35





















