Sielsdinge

Stephan Joubert: 2024 is ons diensbeurt

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
godsdiens
godsdiens

In The Popular Science Monthly doer in 1913 het prof. G.T.W. Patrick verwys na 'n inskripsie wat hy in 'n museum in Istanbul raakgeloop het oor die Galdese koning Naram-Sin (2254-2218 v.C). Patrick het dit as volg vertaal: "We have fallen upon evil times . . . Politics are very corrupt. Children are no longer respectful to their parents." Baie van ons sou sê dit klink asof hierdie woorde vanoggend geskryf is.

As die meeste van ons kon kies in watter tyd ons wou leef, sou ons sekerlik 'n rustiger, vreedsamer tyd gekies het. Ons sou bes moontlik "die goeie ou dae" verkies het. Maar nou ja, ons kan dalk nog ons klere en ons TV-programme kies, maar ons kan nie die tyd kies waarin ons wil leef nie.

2024 is ons diensbeurt. Nou is dit die tyd dat ons tot eer van God moet leef. Te midde van 2024 se eindelose uitdagings kies ons 'n ander roete. Ons kies om God voltyds te dien. Ons kies om getrou aan Hom te bly, maak nie saak wat nie

Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. - Efesiërs 5:16

. . . maar een ding doen ek: Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus die prys van God se roeping van omhoog te bekom. - Filippense 3:13-14

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM