Sielsdinge

Stephan Joubert: Aardse goed maak saak

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Moenie te gou sê "dis net aardse dinge" nie. Aardse dinge maak ook saak. Jy werk hard vir dit wat jy het. Of dit net 'n bietjie is en of dit straks 'n bietjie meer is - jou besittings het waarde. Jou meubels is 'n deel van jou lewe. Jou vingerafdrukke lê jou woonplek vol. Ook is jou vervoermiddele nie maar net vier wiele met 'n enjin nie.

Mense sal soms aan jou sê jy kan jou aardse dinge nie eendag saamvat nie. Dis waar. Maar vandag is nog nie eendag nie. Vandag het jy steeds 'n paar aardse dinge nodig. Moenie maak of dit onbelangrik is nie.

Jy weet die Here het nog altyd gesorg vir elke dag se porsie brood op jou tafel. Daarom is jy dankbaar vir elke­ stukkie kos, maar jy is ook dankbaar vir daardie klere in jou kas, asook vir die motor in jou motorhuis, jou tuin en al jou potplante. Jy sê gereeld aan God dankie vir jou aardse dinge. Jy geniet dit as geskenke uit sy goeie hand. - Stephan Joubert

"As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die hemele goeie dinge gee vir hulle wat Hom vra!" - Mattheus 7:11

Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie. - Jakobus 1:17

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM