Sielsdinge

Stephan Joubert: Bely dat God goed is

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Iemand vertel onlangs sy kind het hom gevra of grootmense se lewe baie swaar is.

"Hoekom?" wou die pa weet. "Grootmense sê altyd hulle is moeg," was die antwoord.

Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min krag daarvoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg ons is? Wel, kom ons wees eerlik: Die lewe is soms hard. Maar dat dit altyd hard is vir die meeste van ons, is nie waar nie.

Daarom moet ons versigtig wees om oorhaastig te sê ons is moeg, uitgebrand en oorwerk - so of dit 'n verpligte belydenis is wat ons almal in elke geselskap moet agterna sê. Ons skuld onsself vars taalgebruik wat met ons geloof strook. Ten minste moet ons daardie geloofsbelydenis van Klaagliedere 3:21-24 aanleer dat die Here se goedheid en ontferming elke dag nuut is. Hy gee elke dag vir ons nuwe krag, ook op daardie dae wanneer ons regtig uitgeput en oorlaai is. Ook dan ervaar ons dat die Here se goedheid ons na gees en liggaam vernuwe.

Daarom het ek hoop: Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut - groot is u getrouheid. My erfdeel is die Here, sê ek; daarom hoop ek op Hom. - Klaagliedere 3:21-24

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM