Sielsdinge

Stephan Joubert: Betaal dié skuld

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Almal ken dit. Almal worstel daarmee. Ek praat van skuld. Lenings, oortrokke bankrekenings en maandelikse paaiemente is deel van ons lewe. Maar ons skuld ander dinge ook. Ons skuld iemand 'n kuier. Ons skuld nog iemand 'n apologie. Ons skuld iemand anders 'n guns. Tussendeur skuld ons iemand ook 'n antwoord, 'n verduideliking of 'n mening. Lyk my ons almal is in die skuld. Ons is selfs kniediep in die skuld.

Paulus sê in Romeine 13:7: "Betaal aan almal dit wat jy aan hulle verskuldig is: Betaal belasting aan dié wat belasting vra. Betaal heffings aan dié wat heffings vra. Bewys respek aan dié wat respek vra. Gee eer aan dié wat eer vereis (NNT)." Ons moet planne maak om skuldvry te wees.

Maar daar is een skuld waaruit ons nooit kan loskom nie. Hoor hoe skryf Paulus hieroor in vers 8: "Betaal julle skuld. Moenie in die skuld wees by enigiemand nie, behalwe om hulle onvoorwaardelik lief te hê. As julle dit doen, doen julle alles wat die wet vra. Dan vervul julle die hart van die wet."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM