Sielsdinge

Stephan Joubert: Bring dit in die reine

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Boosheid dra graag kamoefleerdrag. Dit kruip gekamoefleerd op baie plekke in ons lewe weg.

Ons verfraai verkeerde dade graag met flou verskonings. Ons gee onwettige asiel aan verkeerde gedagtes. Ons onderspeel die destruktiewe invloed van ongesonde gewoontes, taal en gedrag op ons karaktervorming voor God.

Uiteindelik huisves ons slegte gedragspatrone sonder dat dit ons pla, want almal doen dit mos. Jare lank leef ons saam met gekamoefleerde booshede sonder om dit reg of beslissend te hanteer.

Ons hanteer al die donkertes wat onwettig in ons lewe­ skuil, eers reg wanneer ons dit vierkant in die oë kyk. Ons kom in die reine met onsself as ons toelaat dat God se helder lig behoorlik daarop val. Boosheid se kamoeflering word dan onseremonieel afgeruk. Dan raak ons regtig eerlik daaroor voor Christus.

Eers dan begin ons verstaan wat dit beteken om vergifnis uit sy hand te ontvang. Eers dan snap ons iets van God se omvattende genade en liefde vir ons. Dan triomfeer genade, vergifnis en deursigtigheid oral in ons eie lewe. Terloops, hierdie karaktereienskappe dra nooit kamoefleerdrag nie.

As ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig. - 1 Johannes 1:9

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM