Sielsdinge

Stephan Joubert: Dán hoor ons God reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Iemand skryf die gevaarlikste persoon is iemand wat die Bybel ken, maar God nie ken nie. Ek dink dis ewe gevaarlik wanneer iemand God ken, maar nie die Bybel nie. "Ek ken die Bybel nie so goed nie," het deesdae al 'n standaard- kerklike uitdrukking geword. Selfs mense wat jare lank kerklik betrokke is, skroom nie om dit te gebruik nie.

Niemand vertel egter ooit van die pyne waardeur hulle en ander mense soms gaan omdat hulle God se Woord verkeerd hanteer nie. Ek praat van gevalle waar mense al hul besittings of hul werk verloor het omdat hulle Bybeltekste uit verband gebruik het. Of wat families, vriendekringe en gemeentes geskeur het omdat hulle "op die Woord staan".

Daar's nie iets soos 'n anything goes-Bybel-benadering nie. Ons lees dit op God se voorwaardes. Ons lees dit boek vir boek en hoofstuk vir hoofstuk, soos God dit gegee het. Ons doen moeite om die regte kennis oor die Bybel te bekom. Ons oordink dit getrou. Ons volg ook die Gees se leiding as die Uitlegger van die Woord. Dan hoor ons God reg.

Want terwyl julle teen hierdie tyd reeds leraars moes gewees het, het julle nou weer nodig dat iemand julle die grondbeginsels van die uitsprake van God leer, en het julle weer behoefte aan melk, en nie vaste kos nie. - Hebreërs 5:12

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM