Sielsdinge

Stephan Joubert: Elkeen se getuienis verskil

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

'n Vriend is genooi om sy getuienis by 'n kerk te lewer. Kort vooraf laat weet hulle hy hoef nie meer te kom nie. Iemand het gehoor sy "getuienis" is nie indrukwekkend nie. Hy het nie 'n rowwe lewe gehad voordat hy tot inkeer gekom het nie. Hy worstel ook nie met issues­ waaroor hy kan "getuig" nie. Kortliks, hy het nie die cut gemaak vir 'n goeie getuienis nie.

Natuurlik is daar baie mense wat soos brandhout uit die vuur geruk is deur God. Hy het hulle kragdadig uit 'n rowwe lewe bevry. Ook is daar baie gelowiges wat steeds 'n daaglikse stryd voer teen sekere verslawings wat hulle lewenslank agtervolg. Maar daar is ook baie gelowiges wat nie sulke skouspelagtige bekeringsverhale gehad het nie. Ook is hul geloofslewe gelykmatig.

Dank die Here vir sy unieke pad met ons elkeen. Die blote feit dat ons Hom ken, is 'n wonderwerk. Dis genade. My oupa sou gesê het: "Dis louter genade." En dít is reeds 'n goeie getuienis

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM