Sielsdinge

Stephan Joubert: God se wil is ’n pad

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

God se wil word in die Bybel meestal verbind met 'n pad. Dit gaan met ander woorde oor 'n heeltydse manier van leef. Dit druis in teen die meeste mense se idee dat God se wil eintlik net toevallig of episodies van aard is. Bedoelende, hulle verbind gewoonlik net belangrike episodes of gebeurtenisse in hul lewe, soos hul huwelik of beroepskeuses, met God se wil.

Of hulle bespiegel of slegte voorvalle soos hartaanvalle en motorkapings sy wil kon wees. Daarom is sulke vreemde terme in kerklike kringe in omloop soos God se toelatende wil en sy goedkeurende wil.

Wanneer ons verskuif na die Bybelse beeld van God se wil as 'n heeltydse manier van leef in sy teenwoordigheid, verander ons taal en gesprekke hieroor. Dit gebeur veral as ons besef Jesus is die Naam én Inhoud van God se wil, soos wat Hy self twee keer in Johannes 6:38-40 sê. Om dit te weet en om God se gebooie na te volg is om op sy pad te wees. Dit is om binne sy wil te leef.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM