Sielsdinge

Stephan Joubert: Insuleer, nie isoleer nie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

Om jouself te isoleer is om jouself te onttrek. Jy isoleer jouself van die wêreld as jy nie meer op die hoogte is van wat in die lewe gebeur nie. Jy isoleer jouself van vriende as jy ophou kuier. Jy isoleer jouself van God as jy ophou om Bybel te lees en te bid.

Sulke isolering is lewensgevaarlik.

'n Veel beter roete is insulering. Net soos wat elektriese drade met die regte omhulsels geïnsuleer word om ons veiligheid te verseker, moet ons toelaat dat God ons insuleer sodat ons tot sy eer kan leef. Ons insuleer onsself reg deur naby aan die Here te leef. Ons laat toe dat sy goeie Gees ons in sy waarheid lei.

God het ons nie gemaak vir wegkruip nie. Hy wil hê ons moet sy verteenwoordigers in die regte lewe wees. Hy is by ons. Hy is Immanuel. Om dit te weet, is om goed geïnsuleerd te wees.

Dan hoef ons nie weg te kruip of onsself aan die lewe te onttrek nie. Hoor weer: Ons roete is nooit dié van isolering nie, maar insulering. - Stephan Joubert

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. Ons tree dus op as gesante van Christus. - 2 Korintiërs 5:19-20

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM