Sielsdinge

Stephan Joubert: Kerk is meer as geboue

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

Die kerk is nie daarmee heen wanneer 'n kerkgebou verkoop word nie. Of as kerklike denominasies krimp nie. Wag, laat ek dit reg agter Eugene Peterson aan sê: God se koninkryk is nooit in die moeilikheid nie, al is die kerk dikwels in die moeilikheid. God se koninkryk is baie groter as die kerk. Die kerk is dalk die vernaamste uitdrukkingsvorm van God se wêreldwye nuwe­ ryk, maar dis nie sinoniem daarmee nie.

Kerk volgens die Nuwe Testament is nie 'n spesifieke denominasie nie. Of 'n amptelike instelling nie. Of 'n statiese stelsel nie. Of eksklusief gekoppel aan spesiale geboue waar religieuse byeenkomste plaasvind nie. Helaas is "kerk" egter presies dit vir baie mense. As 'n kerkgebou verkoop word, meen hulle "die kerk" is daarmee heen. As sekere kerklike denominasies oorhoeks is met mekaar, dan meen hulle "die kerk" is dood en bakleierig. Die kerk is egter diegene wat bely Jesus is die Christus. Die kerk is sy aardse liggaam wat Hom en mekaar dien. Die kerk kom ook gereeld saam op byeenkomste, maar word nooit vasgeverf in mense se idees daarvan nie.

Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. - Efesiërs 1:23 en 2:20

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM