Sielsdinge

Stephan Joubert: Leef eers in vrede

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

"Rest in peace." "Rus in vrede." Dit is die gevleuelde woorde waarmee baie afgestorwenes op begrafnisse gegroet word.

Die dilemma is egter dat jy slegs eendag in vrede kan gaan rus as jy hier en nou in vrede leef. Geen lewende wat in onvrede met God en met ander mense leef, is regtig te-vrede nie. Geen mens wat aan haat en bitterheid verblyfreg gee, is ooit rustig nie. Geen geldverslaafde se lewe is enigsins kalm nie. Prediker 5:11 sê juis dat slaap daardie mense ontwyk wat lewenslank agter geld aanhardloop. Net so is diegene wat vrye teuels aan immoraliteit gee nooit vry nie. Hulle is voltydse slawe van hul eie destruktiewe drange.

Om vrede toe te wens aan diegene wat die tydelike met die ewige verwissel, moet ons self eers seker maak dat ons in vrede leef met die Here, met ander mense en met onsself. Jesus se uitnodiging in Matteus 11:28-30, dat elkeen wat vermoeid en oorlaai en moeg is na Hom toe moet kom, is altyd geldig. Sy las is steeds lig en sy juk is sag.

"Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig." - Matteus 11:28-30

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM