Sielsdinge

Stephan Joubert: Leef waarheid, nes Hy

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

Party mense praat graag van objektiewe waarhede. Sulke waarhede is vir hulle gelyk aan werklikhede en feite wat altyd geldig is, al glo niemand dit nie. Ander praat weer van subjektiewe waarhede. Sulke waarhede kom vir hulle in sakpas verpakkings. Dit is daardie feite wat op enige gegewe tydstip die beste antwoorde of verklarings bied.

Jesus het egter gekies om waarheid in beliggaamde vorm na ons toe te bring. In Johannes 18 sê Hy vir Pilatus sy andersoortige koningskap loop hand aan hand met sy eie getuienis oor die waarheid. Dit het Pilatus hardop laat vra: "Wat is waarheid?"

Jesus filosofeer nie net oor die waarheid nie. Hy beliggaam dit. Hiervoor het Hy aarde toe gekom; hiervoor het Hy geleef, en hiervoor is Hy deur Pilatus uitgelewer om gekruisig te word.

Ons as sy navolgers leef altyd binne-in die waarheid, ook hier in Kerstyd. Ons doen dit deur God lief te hê en ander mense soos onsself. Ons praat dit, ons doen dit, ons ervaar dit. Waarheid is nie net ons geloofsbelydenis nie, dis ons leefwyse.

Jesus antwoord hom: "U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem." - Johannes 18:37

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM