Stephan Joubert: Moenie alleen wees nie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Alleenheid is die storie van te veel mense se lewe. Die internet en sosiale media se belofte dat ons nooit alleen sal wees nie, het toe nie gerealiseer nie. Nou sit baie mense hul hoop op die jongste weergawes daarvan. Ek praat van kunsmatige intelligensie, wat sommige se nuwe gespreksgenoot geword het om alleenheid te verdryf. Fisieke nabyheid en vriendskappe is egter nooit vervangbaar nie. Alleenheid en sosiale isolasie plaas groot druk op ons geestesgesondheid. Volgens Julianne Holt-Lunstad, 'n Amerikaanse neurowetenskaplike, hou dit selfs die risiko van vervroegde dood in.

Moenie alleen wees nie. Reik uit. Behoort iewers. Doen dit in jou woonbuurt en by jou kerk. Doen dit by al die plekke wat jy gereeld aandoen. Moenie op ander mense wag om jou te laat tuis voel nie. Wees jy die een wat aanmeld met die liefde van die Heer. Wees jy die een wat bekend is vir vriendelikheid en hoflikheid, soos wat Hy van jou vra. Wees jy die een wat belangstel. Wees jy die een wat nie gedurig fout vind en kla nie. Dan sal alleenheid nie jou voltydse metgesel wees nie. In elk geval is jy nooit alleen nie, want die Here is by jou.

Uit die Woord

"Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand." - Jesaja 41:10

SPELETJIES VANDAG

CTA