Sielsdinge

Stephan Joubert: Moet jou nie laat dreig

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Unsplash
Foto: Unsplash

As jy mense wil skok wat sê ons moet meer vir die Here doen, dan moet jy antwoord jy doen dit lankal. Dit het so gewild geword om te sê ons moet meer omgee, meer bid, meer Bybelstudie doen en meer getuig dat dit voel of so 'n leefwyse onmoontlik is. Wel, ek wil nie aanhoudend gedreig word met sulke hipotetiese geestelike teikens wat blykbaar nooit getref word nie. Ek het my kwota dreigpreke in die kerk lankal opgeluister. Ook het ek my verpligte kwota beswaardes opgeluister wat altyd weet wat verkeerd is met die kerk, maar wat nooit raaksien wat die Here regtig doen nie.

Om vir die Here te leef, én om dit reg te doen, is nie 'n hipotetiese moontlikheid nie; dit is 'n normale werklikheid. Baie Bybelskrywers het dit reggekry. Met name het Paulus dit so goed reggekry dat hy gelowiges opgeroep het om hom na te volg soos wat hy Jesus navolg. Niks keer jou en my om presies dit ook te doen nie, nie eens al die dreigbrigades rondom ons nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM