Sielsdinge

Stephan Joubert: ’n Skat op jou stoep

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

'n Inwoner van die dorp Colti in Roemenië het lewenslank 'n klip as 'n deurstuiter gebruik sonder om te besef dit is 'n ambersteen wat €1 miljoen werd is.

Eers ná haar dood in 1989 het die familie dit agtergekom. Vandag word hierdie kosbare edelsteen in 'n museum in Buchau uitgestal.

Skatte is nooit volop nie, maar soms vind jy dit op jou voorstoep. Of sommer in 'n saailand waar jy werk.

In Mattheus 13 vergelyk Jesus die koninkryk van God juis met so 'n kosbare skat. Wanneer jy onverwags daarop afkom, is jy so oorweldig dat jy alles verkoop net om daardie skat te bekom.

God se skatte is steeds in die alledaagse lewe versteek. Dit is versteek in saailande waar mense hul tyd elke dag deurbring.

Om dit te ontdek is om lewenslank 'n skatryk persoon te wees. Dit is om vir altyd ryk te wees in die Here­. Elkeen van ons wat al so 'n skatvind-ervaring beleef het, sal dit baie goed verstaan. Dit is lewensveranderend.

Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. - Mattheus 13:44

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM