Sielsdinge

Stephan Joubert: Reg geseënd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Godsdiens
Godsdiens

Om jou nageslag te seën was die plig van elke stamvader in die Ou-Testamentiese tyd. Daarom seën Jakob in Genesis 48 sy nageslag kort voor sy dood. Vir baie mense hou sulke seën steeds verband met uiterlike voorspoed. Ek wonder of dit dalk is hoekom 'n luukse voertuig wat ek onlangs gesien het, se registrasienommer "Blessed" lui. Ek het toe by myself gewonder: Wat moet arm mense dink as hulle by hierdie "geseënde" voertuig verbystap? Het die Here se goedheid hulle al weer oorgeslaan? Is hulle steeds God se afskeepkinders?

Dis nie verkeerd om net 'n goeie motor te ry nie. Of om besittings te hê nie. Maar om sulke dinge as 'n vertoonvenster van God se seën uit te stal, is uit. Dan kyk ons Jesus mis. Hy het in slaweklere hier tussen ons kom rondloop, soos wat Filippense 2 leer. Hy het Homself gestroop van al sy hemelse eer. Hy is later soos 'n straatboef gekruisig. Tog is Jesus se kruis ons seën. Sy lydensbeker is ons lewe. Ons volg Hom na. Ons leef binne sy unieke seëninge.

Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, "Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie", sodat ons met vertroue kan sê: "Die Here is vir my 'n helper - ek sal nie bang wees nie. Wat sal 'n mens aan my doen?" - Hebreërs 13:5-6

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM