Sielsdinge

Stephan Joubert: Só bid ons reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

"Leer ons bid." So vra Jesus se dissipels in Lukas 11. Toe doen Hy dit aan die hand van die "Ons Vader".

Jesus weet ons kan nie bid soos ons wil nie. Ons goeie bedoelings is nooit die norm nie. Ons praat met die lewende God. Ons is op sy terrein as ons bid, daarom doen ons dit op sy voorwaardes. Egte gebed gaan eerste oor God. Dit gaan oor die verheerliking van sy Naam. Egte gebed bring ons lewe in pas met God se wil. Saam met Jesus in Markus 14 bid ons gedurig: "Nie my wil nie, maar u wil moet geskied."

Gebed is opreg, nederig en gelowig. Ons gebrokenheid stroop ons van enige pretensie in God se teenwoordigheid. Dit laat ons opreg en berouvol voor Hom staan in Jesus se Naam. Sonder geloof én 'n gesuiwerde hart is gebed tydmors, aldus Jakobus 1.

Ons bid nooit selfsugtig nie. Gebed gaan nie oor wat ons wil hê nie. Jakobus 4 sê sulke gebede wat deur selfsugtige behoeftes aangedryf word, val in die hemel op dowe ore.

Julle veg en maak oorlog, en tog het julle niks, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle op die verkeerde manier vra, sodat julle dit in julle wellus kan deurbring.

Reinig julle hande, sondaars, en suiwer julle harte, dubbelhartiges! - Jakobus 4:2-3 en 8

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM