Sielsdinge

Stephan Joubert: Stuur daardie spesialis-kritikus uit

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
.Illustrasie: Getty Images
.Illustrasie: Getty Images

"Daardie persoon is 'n spesialis-kritikus." Só merk iemand droogweg op oor 'n omgesukkelde gemeentelid.

Ons almal ken sulke mense. Wel, wat doen jy met enige spesialis-kritikus? Jy stuur hulle uit.

Ek het eenkeer gewaag om so iets ná afloop van 'n kerkdiens te doen. Dit was toe 'n kenner van alles wat verkeerd is in die kerk my gestoomroller het.

Terwyl hy vir 'n oomblik asem skep, vra ek hom: "Vertel my waar jy Jesus in die afgelope week raakgesien het?"

Hy kyk my verstom aan. "Hoe bedoel jy?"

Ek vra toe: "Noem vir my 'n paar voorbeelde waar jy armes ruim bygestaan het met jou eie geld? Wie het jy prakties ondersteun om te groei in hul geloof? Vir watter mense het jy by die naam gebid? Waar was jy op konkrete maniere 'n getuie vir die Here?"

Hy kon nie een enkele praktiese voorbeeld opnoem nie. Toe sê ek vir hom hy moet gaan.

"Jaag jy my weg?" vra hy geskok.

"Nee, ek stuur jou dringend uit in Jesus se Naam. Gaan bid vir siekes. Deel die evangelie. Gee kos vir armes. Ondersteun medegelowiges. Dien jou plaaslike kerk. En kom vertel my 'n paar mooi Jesus-stories as jy my weer sien."

Terloops, ek wag steeds!

Uit die Woord

Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word.

Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie.

Dit is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou. - 1 Jakobus 1:19, 22 en 27

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM