Sielsdinge

Stephan Joubert: Uit jou hart se brandkluis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Net ryk mense kan weggee. Vra gerus vir daardie weduwee van Markus 12:41-44 wat haar laaste sente weggegee het. Vra ook vir die mense in Lukas 3 wat by Johannes die Doper hoor as hulle twee stelle klere besit, moet hulle een stel weggee. Johannes sê dit in reaksie op die vraag wat hulle moet doen om reg te leef voor God.

Terloops, jy het reg gelees as jy opgemerk het dat hierdie weduwee wat alles weggegee het, geldelik brandarm was. So ook die mense wat vir Johannes die Doper gevra het wat hulle moet doen. Om 'n bietjie of baie besittings op jou naam te hê is nooit 'n voorvereiste vir vrygewigheid nie. Jy moet net ryk wees. Ek bedoel jy moet net ryk wees in jou hart. Jou hart se brandkluis moet propvol wees van al die skatte van die Here. Ek praat van die skatte van dankbaarheid, geloof, liefde en omgee. Dan loop jou hart oor van vrygewigheid. Dan deel jy graag jou lewe met ander mense, soos wat Jesus dit voorgeleef het.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM