Sielsdinge

Stephan Joubert: Val terug, al is jy reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Toe probeer die ou voor my injaag van die linkerkant van die pad af terwyl ek ryvoorrang het. Daarna sit hy aggressief op my hakke. By die volgende verkeerslig draai hy sy ruit af en kyk my stukkend. Ek was verstom . . . en ontsteld. Maar toe besef ek dat ek sopas gedoen het wat ek nie moes gedoen het nie. Ek moes nie ontsteld gewees het nie. Ek moes hom maar voor my laat inry het. Dan sou ek nie lank daarna nog oor sy onkunde oor padreëls getob het nie.

Soms is dit net beter om terug te val in die verkeer, al is jy reg. Soms is dit ook net beter om stil te bly, al wil jy praat. Of om uit die pad te staan, al wil jy die pad vol staan. Dit is beter vir jou siel en jou gemoed. Boonop hoort dit tot die hartklop van die evangelie dat jy jou eie wil en jou regte tweede stel. In Paulus se woorde in 1 Korintiërs 6 moet jy soms skade ly, al weet jy jy is reg.

Hoe durf enigeen van julle wat 'n klag teen 'n ander het, dit deur die onregverdiges laat besleg en nie deur heiliges nie? Of weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?

Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie? Hoeveel te meer die dinge van die alledaagse lewe­?

Waarom ly julle nie liewer onreg nie? - 1 Korintiërs 6:1, 2, 3 en 6

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM