Sielsdinge

Stephan Joubert: Veel meer as beloftes

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Godsdiens
Godsdiens

Om oor God se beloftes te praat is baie gewild. Dit laat my altyd kopkrap, want beloftes gaan oor dinge wat nog moet gebeur. Een Afrikaanse woordeboek omskryf 'n belofte juis as 'n mondelinge of skriftelike verklaring wat iets beloof.

As jy 'n belofte maak, verbind jy jouself plegtig tot iets wat jy in die toekoms sal doen. Beloftes is toekomstige tyd. Beloftes moet nog waar word. Wel, in hierdie sin is God nie 'n beloftemaker nie, veral nie in die Nuwe Testament nie. Die meeste van sy beloftes is reeds hier verwesenlik. In Jesus het dit lyf gekry. Ons hoef dus nie gedurig op Bybelse beloftes te staan asof God ons nog 'n klomp dinge skuld nie.

Die Here beloof nie maar net Hy sal by ons wees nie; Hy is! Hy beloof nie net Hy sal vir ons krag gee nie; Hy doen dit. Hy beloof nie net Hy sal vir ons vrede gee nie; sy vrede is 'n werklikheid in Christus. Daarom moet ons God heel eerste ken vir wie Hy is voordat ons aan sy beloftes dink.

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom. - Johannes 3:16 en 36 (NLV)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM