Stephan Joubert: Verander jy?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Unsplash
Foto: Unsplash

Het jy al gewonder of mense verander? 'n Moeiliker vraag: Het jy die afgelope jaar verander? As jy ernstig is oor jou geloof en die Heer getrou dien, is die antwoord ja. Dan het jy in 2024 innerlik gegroei wat jou karakter betref. Dit kan eintlik nie anders nie, want jy is een van die Here se lewende briewe (2 Korintiërs 3:3). Jy is deel van sy nuwe aardse gebou (2 Korintiërs 6:18). Die Here se doel is om jou te vorm na sy beeld. Jy is 'n weerkaatser van sy glorie.

Daarom dat die goeie vrug van die Heilige Gees al hoe meer gestalte kry in jou lewe. En al hoe meer vorm aanneem in jou doen en late. Dit is geen geheim watter fasette van jou geloofslewe aan sulke veranderings onderworpe is nie. Paulus beskryf hierdie vrug van die Gees (Gal. 5:22) as liefde vir God en ander, blydskap in die Here, vrede met God, geduld met ander se foute, goedhartigheid, vrygewigheid, 'n vaste vertroue in die Here, 'n weerlose sagtheid en innerlike selfbeheersing.

Julle is duidelik 'n brief van Christus wat deur ons diens opgestel is, geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte. - 2 Korintiërs 3:3 en 6:16

SPELETJIES VANDAG

CTA