Sielsdinge

Stephan Joubert: Vergader of feesvier?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

"Ons hou 'n beplanningsvergadering." Dalk is dit een van die mees gebruikte kerklike uitdrukkings tot nog toe. Dit herinner my aan 'n leraar wat jare gelede gesê het hy woon elke jaar honderde vergaderings by. Toe vra ek: "Wanneer kry jy tyd om 'n leraar te wees?" Dit het nie goed afgegaan nie.

Goeie beplanning is nodig, daardie soort wat doeltreffend en funksioneel is. Om egter vergaderings te hou net omdat dit op 'n almanak geskeduleer is, behoort tot 'n oortreding verklaar te word. Om kerkdienste, samekomste en jaarprogramme so haarfyn te beplan dat dit in events verander, is om die evangelie tot yskastemperatuur af te koel.

Om só in beheer te wil wees van alles wat ons kerklik doen, is om die onverwagse en verrassende werk van die Heilige Gees mis te loop. Vergaderings en byeenkomste­ wat nie getuig van en feesvier oor die Here­ se jongste werke nie, moet gestaak word. Ons is die familie van die Here. Sy agendas en program is tog op ons harte afgedruk. Daarom praat ons onsself nie stokflou daaroor nie, ons doen dit

Maar die Here antwoord haar: "Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die regte keuse gemaak; dit sal nie van haar weggeneem word nie." - Lukas 10:41-42

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM