Charles Brown was aan die stuur van 'n B-17-bomwerper wat aan flarde geskiet is in 'n bomaanval op Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Franz Stigler, 'n Duitse vegvlieënier, het die vliegtuig opgemerk en gereed gemaak om dit af te skiet. Toe hy naby genoeg aan die B-17 kom, sien hy almal aan boord is in groot moeilikheid.
Meteens raak Stigler se hand aan die gebedsketting wat hy altyd by hom gedra het en besluit om sy vinger van die sneller af te haal. Toe begelei hy die bomwerper tot buite die Duitse lugruim. Brown se stukkende vliegtuig het Engeland bereik. Jare later, in 1980, het Brown 'n brief ontvang van Stigler, wat intussen na Vancouver in Kanada verhuis het. Hulle het mekaar in Florida in Amerika ontmoet en groot vriende geword - tot in 2008, toe albei oorlede is.
Selfs in die gevegslinies van die lewe is die Here met sy genade aanwesig. In vlietende oomblikke herinner 'n eenvoudige gebedskettinkie sy kinders daaraan om hul hand van die sneller af te haal. Mag die Here ons elkeen ook daagliks met sulke nabyheid verras.
Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. - Miga 4:3





















